Tuinmaak

Ons weer is maar tipies Kaapse winter ~ koue nat dae met tussenin heerlike warm sonskyn dae.  Vandag is een van daardie mooi dae en ek het in my tuin rondgeskarrel net om te besef as mens ouer word is die woema nie meer so volop nie.

Jare gelede het vriendin ‘n bos lelies present gekry en toe vir my aangepass toe hulle met vakansie gegaan het.  Nadat die lelies uitgeblom het , het ek hulle buite neergesit met die hoop dat hulle saad sou maak.  Wat nie gebeur het nie.  Wat egter wel gebeur het, was dat daar klein bolletjies in die oksels van die blare gevorm het.  Ons het die piepkleingoedjies wat nie veel groter as ‘n vuurhoutjie se kop was, getroetel en geplant en steeds bly troetel.  Hulle het gegroei en floreer.  Toe ons Kaap toe trek, het ek hulle saamgebring en in ‘n lang blombak geplant.  Vanoggend het ek die bolle uitgehaal verdeel en nog ‘n lang bak volgemaak.  Sommer ‘n paar bolle ook in potjies gesit wat geskenke gaan word indien hulle dit maak.

lelies 15.07.14 lelies

pluksel van my eie lelies

8 thoughts on “Tuinmaak

    • ek dink daar is mens wat dit doen, myne het ek seker so in 2009 in die bak geplant en nou weer vir die eerste maal uitgehaal en verdeel. Hulle het natuurlik vrek swaargekry in die tyd wat ons weg was, maar het steeds oorleef.

      Like

  1. Ek het ‘n Kitty Kelley boek gekry – the Royals
    The outraged royalists crying “shame” on Kitty should take a reality check- particularly the reviewer from Dublin who expressed such contempt for Miss Kelly. Is Princess Margaret to be defended after issuing such public statements as “The Irish are all pigs?” Yes, this book was a cold, hard slap in the face of the house of Windsor- and this reader has no sympathy. I felt that Miss Kelly’s book showed the house of Windsor to be what it is- a crumbling institution that serves no purpose, except for the amusement of the tabloids. Miss Kelly presented a portrait of self serving parasites out of touch with their land and people, and she did it with skill. It was a fast paced, entertaining read, not always unsympathetic, but always fascinating. A revealing portrait of those who consider themselves our “betters,” but, sadly and obviously, are not…

    Liked by 1 person

    • het die boek al gelees. Hulle sal natuurlik klou aan daardie titels so lank as wat hulle kan.

      Vanoggend gesien iemand lewer kommentaar oor die jongste enetjie wat verjaar ? en gewonder of hy nog eendag veel meer as ‘n simboliese koning sal wees.

      Like

Leave a comment