minimum lone

Minimum lone vir huiswerkers is iets wat ek weet bestaan maar nie naasteby geweet wat dit werklik behels nie.

Daar kom ek toe nou toevallig om die nuwe wetgewing vir die volgende jaar.  Des 2014 tot Nov 2015. Ek wens ek kan weet of die agbare minister van arbeid,  me Mildred Oliphant vir so karige soldy sal werk

According to the statement, the minimum wages of domestic workers who work 27 hours or less a week will rise to:

– in Area A, R11.27 hourly, R304.29 weekly (for a 27-hour week) and R1 318.48 monthly (for a 27-hour week); and,

– in Area B, R9.80 hourly, R264.60 weekly (for a 27-hour week) and R1 146.51 monthly (for a 27-hour week.

Area A is stedelik en B platteland

vir ‘n 8uur werksdag mag huishulp dus nie minder as R90.16 kry nie.  Daar is nou mense wat reken hulle kry kos ook, maar hene, hoeveel kan dit wees?

Ek lees toe nuuskierigheidshalwe mense se kommentaar daarop (wat laat julle seker laat besef ek het nie veel te doen gehad nie) en vind hierdie juweeltjie tussenin :

snip ironie

ok, lyk my die kwaliteit is nie so watwonders nie.  ‘n persoon wat hom/haarself Om Nom Nom noem, meld so terloops  aan die einde van sy/haar kommentaar:  ( so in the same breath tell us what is your real name.)

Om Nom Nom, jou ma het woeste sin vir humor gehad toe sy jou die dag naam gegee het. (AS dit “your real name ”  is)

die Kaapse weer

Vandag waai die wind mens van jou voete af en ek is baie dankbaar dat ek nêrens heen hoef te gaan nie.  Die lug is ook sommer meer grou as blou

Ek kan nie glo dat gister so lieflike dag was nie, en is dankbaar dat ek die kans benut het om bietjie in die veld te gaan stap

01a

 

02a

 

ek verstaan hulle is die wilde Kaapse heuningbye, kleiner en donkerder, wat die ander heuningbye se korwe so inneem.

die Kaapse heuningby leef as ‘n parasiet in die korwe van die Afrikaanse heuningbye en maak self geen heuning nie.

Die volgende foto het ek geneem omdat hy so mooi stilgestaan het sodat ek behoorlik kon fokus.  ek sukke my vrek om voëls af te neem

03a

skuldige gewete

ja ek voel sleg omdat ek so selde hier uitkom.

wil ‘n bietjie ons nuwe boerdery met julle deel.  Hier kom heelwat plante in ons tuin wat so deur die voëltjies versprei word.  Die ou van die tuindienste het ons ernstig gemaan oor die een wat volgens hom ‘n verpesting is.  Ons het egter gesien dat een of ander vlinder sy eiers net op daardie boom se blare lê en daarom is die boompie steeds in ons tuin, hou hom net kort want hy is naby ‘n venster wat ek nie toegegroei wil hê nie.

001

jongelinge pas uitgebroei

002

‘n batch groteretjies

003

besoeker wat nog eiers wil kom aflaai

die plant?

wildeperske, Kiggelaria africana, is vernoem na Franz Kiggelaar (1648 – 1722), ‘n botanikus en kurator van Simon von Beaumont se tuin in Den Haag, Suid-Holland waar baie plante van Suid-Afrika gekweek is.

Hy kan blykbaar 4-5 meter hoog groei, maar ons hou ons sin kort

Oor die lees van boeke en die invloed op my lewe

Die volgende  opmerking het ek by Tina op FB gemaak:

ek lees BAIE. Ek het egter 2 boeke in my hele lewe gelees waarvan ek kan onthou dat hulle invloed op my lewe gehad het, die ander boeke kom en gaan. Die name ken ek nie meer nie maar dit was destyds penquin reeks se boeke. Die een was oor Transtan da Cunha wat ek gedink het ek graag sal wil besoek. Vandag weet ek dat ek nie moeite sal doen om daarheen te gaan nie. Die ander was oor die eerste Seamese 2ling wat gedokumenteer is. Daardie boek het my altyd laat bid en hoop dat so lot nie ‘n kind van my moet tref nie. Die ander ding wat ek kan noem is dat ek gou moeg word vir boeke wat almal op dieselfde trant gekryf is soos wat Patricia Cornwell graag doen

o O o

Nou ja, sedertdien het ek toe bietjie nagedink oor die tema.

In volgorde sal ek nou nie kan doen nie, maar daar was tog meer ander boeke wat ‘n blywende indruk op my gemaak het.

In 1962 het ek ‘n boek van WO Kuhn gekry :  Die wonderlike motor van Barnabas Bombas.  Dit het vandag nog ‘n baie spesiale plekkie in my lewe  Die gesin Bombas toer deur die land en het my bewus gemaak van baie interessante plekke in Suid-Afrika.

MER  het ‘n boek geskryf wat net so blywende indruk op my gemaak het  :  Die tweeling trek saam, wat handel oor die lewe tydens die Groot Trek.

Dan natuurlik Stella Blakemore se Maasdorp reeks het ek verslind en gedink koshuislewe is ‘n moet vir elke kind  ~  later in my lewe uitgevind dit is nie so fantasties nie

Toe ontdek ek vrystories!   dit is soos water van ‘n eend se rug af.  hull laat nie ‘n blywende indruk nie.  Van almal is daar tog ene wat vasgesteek het  Loving Evangeline  geskryf deur ene Linda Howard.  (Tina, hulle vry redelik rof daarin as jy belangstel) dit was egter die oulikerige plot wat my die boek laat onthou het.  Toe terwyl ons in Belgie is, sien ek ‘n gelyknamige fliek ligweg gebasseer op die boek.  Dit was pateties verby en het gevolglik ook my opinie oor die boek laat daal.

die 2e opmerking wat ek by Tina op FB gemaak het:

Ek het sowaar vergeet van boek wat baie onlangs vele stof tot nadenke gelaat het: The lost child of Philomena Lee. Was egter nie lekkerlees nie.  Die skrywer, Martin Sixsmith, het uitstekende navorsing gedoen.  Die fliek Philomena werp lig op die soeke van die ma na haar kind, waar die boek self eintlik net oor die seun se lewe handel.

Fluit fluit die storie is uitstorieboek

aftrede

– ‘n paar is daar en vir ander wag dit om die draai.  dis ou grappies maar bly vie my goed.

hier kom die volgende vakanasiedag en “so what”

12die volgende ene is toenemend van toepassing op my.  Maar ek hoor baie mense om my kla oor dieselfde probleem, en dan is hulle jarre na my op die lewensleertjie.

3en DIT is die belangrikste van alles,

5ek hoor die ketel kook daar in die kombuis.  groetnis vir eers

om te blog………

Iemand vra my so via face Book ek moet weer kom blog.  Ek mis dit met ‘n seer hart.  nie so seer hierdie oop wye vlakte van WordPress waarop mens ronddwaal, soekend na ander post nie.  Maar na die ou lekker kuier van litnetblog voor die groot trek.

So dikwels as ek aan iets dink, wonder wat my mede bloggenote hiervan sou dink.  Of ek weer volwaardige blogstatus gaan aanneem, weet ek nog nie, maar feit is, ek mis dit tog wel.

Meeste van julle het ek ook nou al op FB as vriende, vir die paar wat nie daar kontak het nie, sal ek gou my leed verkondig.

Sondag middag letterlik net om die hoek van ons af na ‘n skouhuis gaan kyk.  Nie omdat ons wil koop nie, sommer net om te sien hoe lyk die eiendomsmark.  ‘n Erg mislike trappie in die huis misgekyk en soos ‘n os neergeslaan.

selfoonfoto van voet

Weeklikse uitdaging : RAME

Gaan loer by Tina vir verder moontlike skakels vir die tema.

‘n Mooi raam doen gewoonlik wondere vir ‘n baie alledaagse prent of foto.  Ons weet egter dat rame nie altyd baie goedkoop is nie.  My kunstenaarvriendin verf haar werk op die klaar oorgetrekte blokke en neem die prent om die kant sodat ‘n raam nie ook nog nodig is nie.  en siedaar die kuns word effe bekostigbaar

14.07.23 raam

Tuinmaak

Ons weer is maar tipies Kaapse winter ~ koue nat dae met tussenin heerlike warm sonskyn dae.  Vandag is een van daardie mooi dae en ek het in my tuin rondgeskarrel net om te besef as mens ouer word is die woema nie meer so volop nie.

Jare gelede het vriendin ‘n bos lelies present gekry en toe vir my aangepass toe hulle met vakansie gegaan het.  Nadat die lelies uitgeblom het , het ek hulle buite neergesit met die hoop dat hulle saad sou maak.  Wat nie gebeur het nie.  Wat egter wel gebeur het, was dat daar klein bolletjies in die oksels van die blare gevorm het.  Ons het die piepkleingoedjies wat nie veel groter as ‘n vuurhoutjie se kop was, getroetel en geplant en steeds bly troetel.  Hulle het gegroei en floreer.  Toe ons Kaap toe trek, het ek hulle saamgebring en in ‘n lang blombak geplant.  Vanoggend het ek die bolle uitgehaal verdeel en nog ‘n lang bak volgemaak.  Sommer ‘n paar bolle ook in potjies gesit wat geskenke gaan word indien hulle dit maak.

lelies 15.07.14 lelies

pluksel van my eie lelies

nuwe blog

Dit was nou al meer as hoogtyd dat ek myself in rat kry en hierdie blog aktiveer.

hoop van harte ek kan weer in aanraking kom met my ou kontakte en vriende .

P1120488

besoek aan oom Nelson in Londen

 

Roosdoring van die ou litnetblog